April 19, 2021

Plaasaanval: Boer (79) vasgemaak en geskiet

MUDEN – Die 79-jarige Mpozana Khumalo is Vrydag oorlede na hy verlede Dinsdag in ’n aanval op sy plaas in Muden aan ’n boom vasgemaak en geskiet is.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê Khumalo was glo besig om na sy seun se skape en vee te kyk toe hy deur twee verdagtes oorval is. Volgens Mbele is Khumalo van sy selfoon en geld beroof voor die twee verdagtes van die toneel gevlug het.

Khumalo het ’n wond aan sy bors opgedoen en is na die hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord.

“Ons as gemeenskap hier in Mooirivier is hartseer en geskok oor hierdie vreeslike voorval. Hamba Kahle Mkhulu. Mag sy siel in vrede rus,” sê Angus Williamson, ’n boer in die omgewing.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: