April 19, 2021

Rugby- en wyn memorabilia-veiling dié naweek

SUID-AFRIKA. – Die grootste Memorabilia veiling teen spotgoedkoop pryse is hierdie naweek te koop.

Die Kings rugby span het groot drome vir die jaar gehad maar dit was vinnig in die wiele gery.  Braam van Straaten, voormalige afrigter van die Kings, het dit op homself geneem om fondse in te samel om die spelers in hulle tyd van nood by te staan. 

“Hierdie veiling is uitsluitlik om die spelers wat sonder heenkome of inkomste is finansieel te ondersteun,” verduidelik van Straaten, ook ‘n oud-Springbok wie se hart by die ontwikkeling van spelers lê.

Elke item geloofwaardigheidsertifikaat

“Die komende naweek sal een van die grootste memorabilia veilings wees wat nóg in Suid-Afrika aangebied is. Elke item het ’n geloofwaardigheidsertifikaat en die egtheid van die produk is van topklas gehalte,” sê van Straaten.

Hansie Cronje se spykerskoene

Van die items wat onder die virtuele hamer sal kom is Braam van Straaten se Springbokbaadjie, Mannetjies Roux se 1969/70 baadjie, Hansie Cronje se spykerskoene, hordes getekende bottels wyn deur verskeie Springbokke wat teen spotgoedkoop-pryse opgeveil gaan word.

Meer as 20 oorspronklike pensketse van onder andere Naas Botha, Rassie Erasmus en  Morné du Plessis.

All Blacks-memorabilia

Van Straaten sê die All Blacks het met die vorige veiling soveel aftrek gekry dat Care 4 Kings hierdie keer meer van hulle items gaan opveil.

“Die Curriebeker-span van 1997 wat deur elke Westelike Provinsie speler geteken is behoort taamlik aftrek te kry terwyl James Dalton se trui een vir ’n unieke kroeg behoort te wees.

“Die  oorspronklike Sharks rugbytrui van die 2019 is geteken deur al 25 spelers en behoort ’n aanwins vir elke liefhebber te wees.  Dan is daar ook die Curriebeker-trui van die Sharks met Curriebeker-embleem en dag van finaal wat uitsonderlik is.”

Ses Nasie-trui Jonathan Sexton

Sekerlik een van die hoogtepunte van die veiling is die Ses Nasie-trui van Jonathan Sexton. Op die trui is geborduur die nr. 98 – die hoeveelheid toetse wat hy gespeel het sowel as die dag en datum teen Frankryk  – 31-10-2020. Dié trui is tans op pad na Suid-Afrika en die koper sal geduldig moet wees.

Ander items sluit in die getekende trui van die onlangse Bulls-kampioenspan, getekende wyne van Pieter-Steph du Toit, gemaak en gebottel op hulle familieplaas, ’n aksie-fotoraam van Rodger Federer met sy getekende pet.

As jy nog nie weet wat om vir jou geliefde vir Kersfees te koop nie, is hierdie jou redding.  Moet dit nie mis nie.  Nog te meer dit is alles vir ’n goeie doel.

Indien jy wil weet wat alles op die veiling te koop aangebied word sluit vandag nog by die Whatsapp-groep aan HIER.

Registrasies is nou oop. Registreer by Care 4 Kings of bel Rudi Ferreira, organiseerder, by 071 686 7200.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: