April 19, 2021

Dae oue baba in asblik gevind

BLOEMFONTEIN. – ’n Babaseuntjie, wat ’n geskatte ouderdom van vyf dae oud is, is hier in ’n asblik gevind.

Russel Meiring, ER24 se woordvoerder, sê paramedici is na die polisiestasie ontbied om die baba te ondersoek. ’n Kind het op die baba afgekom en dit na die Thabure-polisiestasie geneem. Volgens Meiring was die baba in ’n goeie toestand, maar is steeds na die hospitaal vir ondersoeke opgeneem.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: