Die troue het soos enige ander troue gelyk. Op ’n video van die troue sien jy die bruid se mooi spierwit trourok. Die bruidegom het ’n netjiese swart pak aan. Daar is wel iets fout – die bruid sê nie ’n woord nie, want sy is ’n sintetiese pop.
Sintetiese pop
Yuri Tolochko was dolgelukkig toe hy die spesiale dag met Margo, sy verloofde van 18 maande, kon vier. Die liggaamsbouer het in Desember 2019 die groot vraag aan sy meisie gevra. Hy het laas week ’n video van hulle troudag op Instagram gelaai. In die video kan gesien word hoe hulle die eerste keer as man en vrou vrou. Verskeie foto’s van die dag is ook later op sy blad gedeel.
In ’n nagklub ontmoet
Tolochko sê hy het Margo in ’n nagklub ontmoet en het ook aangebied om haar kosmetiese chirurgie te betaal. Sosiale media sê die troue sal al vroeër die jaar plaasgevind het, maar was as gevolg van die pandemie uitgestel.
Volg FiND iT hier.



