April 18, 2021

Man wat glo vraestelle laat uitlek, kry borg

Foto: IOL

JOHANNESBURG – ’n Man (30) wat vermoedelik betrokke is by die uitlek van wiskunde-vraestelle kort voor die matrikulante die eksamen sou aflê, is Maandag in die Johannesburgse landdroshof op borgtog van R1 000 vrygelaat.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê Themba Daniel Shikwambana is Woensdag in hegtenis geneem. Hy het Donderdag vir die eerste maal in die hof verskyn en was in aanhouding tot Maandag se borgaansoek.

Shikwambana is ’n werknemer by ’n maatskappy in Johannesburg wat deur die onderwysdepartement gekontrakteer is om vraestelle te druk.

Hy verskyn op 27 Januarie weer in die hof.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: