Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sê sy sal later in hierdie week ’n verklaring uitreik oor die ondersoek ná twee matriekvraestelle in vanjaar se matriekeindeksamen uitgelek het.
Die Valke en die nasionale onderwysdepartement se ondersoek is nog nie afgehandel nie.
Die raad van onderwysministers het vanoggend na die voorlopige verslag gekyk en besluit daar moet nog aan gewerk word.
Die tweede wiskunde-vraestel het ure voor die eksamen aan ’n leerling aan die Hoërskool Giyani uitgelek en die tweede fisiese wetenskap-vraestel is op WhatsApp rondgestuur.



