SENEKAL. – Sekwetje Mahlamba, (32) en Sekola Matlaletsa, (44) het vandag weer in die hof vir die moord op die plaasvoorman Brendin Horner (21) verskyn.
Uitstaande forensiese dokumente
Die saak is tot 22 Januarie 2021 uitgestel as gevolg van uitstaande forensiese dokumente.
Horner se liggaam is op 3 Oktober op De Rots-plaas aan ’n paal vasgemaak, ontdek. Die polisie het op die toneel beslag gelê op ‘n mes. Horner se bakkie is later verlate met bloedkolle aan die binnekant gevind.
Volg FiND iT hier.



