Durban-tweeling (2) verdrink

Deel hierdie storie / Share this story

DURBAN – Die polisie ondersoek tans die omstandighede rakende die dood van twee tweelingboeties wat Saterdag by hulle huis in Kloof Falls verdrink het.

Rowan Scrandroglio, woordvoerder van Rescue Care Paramedics, sê die paramedici het op die toneel aangekom en gesien dat die boeties op ’n manier in die swembad beland het.

“Paramedici het die twee ondersoek en probeer om hulle te resussiteer, maar hulle poging was nie suksesvol nie. Die seuntjies is altwee op die toneel dood verklaar.”

Foto: IOL