April 19, 2021

Drie seuns glo in rivier doodgeskok

KWAZULU-NATAL. – Drie seuns is doodgeskok toe hulle in ’n rivier by ’n nedersetting geswem het.

Volgens SABC-nuus beweer die gemeenskapslede altesaam vyf mense het al in die rivier doodgeskok as gevolg van beweerde onwettige elektriese kabels. Onwettige elektriese verbindings hang glo oor die rivier wat krag aan beide kante van die rivier verskaf.

Ordentlike behuising belowe

Bublebuyeza Jili, Enerst Dewa en Gift Dlamini, tussen die ouderdom van ses en agt, se ouers het met SABC-nuus gesels. Gift se ma het gesê een man het in die rivier gespring om die seuns te probeer red, maar hy is toe ook deur die elektrisiteit geskok. Sy beweer as die munisipaliteit ordentlike behuising aan hulle gegee het soos belowe sou haar seun nog gelewe het.

Onwettige elektriese verbindings

Thando Tubane, koöperatiewe departementshoof, het ook sy kommer oor die saak uitgespreek. Tubane sê dis onwettig om elektriese kabels te konnekteer. Volgens Tubane is dit elektrisiteit wat die munisipaliteit van Eskom moes gekoop het.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: