Man deur gemeenskapslede van brug ‘afgegooi’

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG – Netcare 911 het vroeg Saterdagoggend reageer op ’n oproep oor iemand wat in Steenbokstraat in Roodeplaat geval het.

Shawn Herbst, woordvoerder vir Netcare 911, sê toe die medici op die toneel aankom, was daar ’n man wat “in pyn” langs die treinspore gelê het.

“Volgens ooggetuies is die man deur woedende gemeenskapslede van die brug afgegooi,” sê hy.

Verder sê Herbst die beseerde het ernstige beserings opgedoen en is op die toneel behandel voor hy met die ambulans na ’n hospitaal geneem is vir verdere behandeling. ‘