Baba met Covid-19-teenliggaampies gebore

’n Vrou wat tydens haar swangerskap positief vir die gevreesde Covid-19 getoets het, het in November geboorte geskenk. Dié baba was nie net gesond nie, maar het ook teenliggaampies teen die virus gehad.

Teenliggaampies

Straits Times berig die ma, Celine Ng-Chan van Singapore, se dokter het aan haar gesê haar teenliggaampies is moontlik aan haar baba oorgedra. Daar word verder berig die pediater sê die ma se teenliggaampies is meer teenwoordig in haar liggaam nie, maar wel in haar seun se liggaam.

Tydens swangerskap of geboorte

Dit is nog nie duidelik hoe moontlik dit vir ‘n swanger vrou met Covid-19 is om die virus tydens swangerskap of geboorte aan haar baba oor te dra nie. Die Wêreldgesondheidsorganisasie sê die aktiewe virus is nie in enige vloeistofmonsters van die baba in die baarmoeder of in borsmelk gevind nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: