Die weer in jou streek vandag

Deel hierdie storie / Share this story

Noord-Kaap

Aanvanklik bewolk langs die kus en die aangrensende binneland, andersins sonnig en koel tot warm, maar gedeeltelik bewolk en baie warm in die noorde.

Kimberley: 16°C tot 35°C

Vrystaat

Aanvanklik bewolk en koel, anders word dit matig tot warm.

Bloemfontein: 13°C tot 31°C

Gauteng

Gedeeltelik bewolk tot bewolk en warm met enkele buie en donderbuie in die middag.

Pretoria: 16°C tot 26°C

Limpopo

Gedeeltelik bewolk en koel tot warm met geïsoleerde buie en donderbuie.

Polokwane: 16°C tot 25°C

Mpumalanga

Oggendmis en motreën langs die platorand waar dit koel sal wees, andersins gedeeltelik bewolk en warm.

Mbombela: 16°C tot 24°C

Oos-Kaap

In die westelike dele sal dit matig en warm tot baie warm wees,maar koel langs die kus. In die oostelike dele sal dit aanvanklik bewolk wees op plekke.

Port Elizabeth: 13°C tot 23°C

Wes-Kaap

In die oggend sal dit gedeeltelik bewolk tot bewolk wees oor die binneland en die suidkus, andersins matig en warm tot baie warm, maar koel langs die kus.

George: 15°C tot 24°C

KwaZulu-Natal

Daar sal oggendmiskolle oor die binneland wees, andersins gedeeltelik bewolk en warm, maar baie warm in die noorde.

Durban: 18°C tot 26°C

Noordwes

Aanvanklik bewolk in die verre ooste, andersins matig en warm tot baie warm.

Vryburg: 17°C tot 33°C