LIMPOPO. – Leon Pretorius (60) is Vrydagaand tydens ’n naweekwegbreek omstreeks 20:00 by ’n gastehuis naby Tonteldoos doodgeskiet.
Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê Pretorius en sy vrou, Joey, het in ’n rondawel by ’n plaaslike gastehuis gelê en slaap toe drie verdagtes die venster gebreek, toegang verkry en die paar met ’n vuurwapen gedreig het.
Die verdagtes het glo geld geëis en Pretorius is in die proses doodgeskiet.



