April 18, 2021

Water stroom uit gebarste pyp

KIMBERLEY. – Duisende liters water stroom al van gisteraand af uit ’n gebarste pyp in Outeniqualaan, Carters Glen.

Dirk Beukes, ’n Inwoner voor wie se huis die pyp gebars het, sê hy het die probleem aan die munisipaliteit rapporteer, maar niemand het nog gekom om dit te herstel nie.

FiND iT het navraag by Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag vir terugvoer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: