Laat skitter jou stoelgang

Deel hierdie storie / Share this story

’n Maatskappy in Ohio het begin om skitterpilletjies vir dekoratiewe doeleindes te vervaardig, maar volgens iheartintelligence, het mense dit nou begin eet om hulle stoelgang te laat skitter.

Soos verwag, is die pille nie eintlik eetbaar nie en kan dit uiters skadelik wees. Die pille kom in ’n verpakking wat waarsku dat dit slegs as versiering gebruik moet word. Die gebruik daarvan kan jou gesondheid ernstig benadeel.

Alhoewel dit verbasend is dat mense dit nog nie weet nie, kan die gebruik van glitter ernstige gevolge hê en dit kan menige komplikasies veroorsaak. Daar word geglo dat glitter die spysverteringstelsel kan beskadig, hormoonproduksie kan verander en die risiko van kanker kan verhoog. Boonop is glitter, benewens die skade wat dit aan jou liggaam kan veroorsaak, ook uiters skadelik vir ons omgewing.