NOORD-WES. – Buti George Lebitsa (43) is die streekhof in Atamelang tot 15 jaar tronkstraf vir die moord op sy meisie (32) gevonnis.
Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, sê Lebitsa en sy vriendin het Sondag 29 September 2019 ’n rusie gehad. “Lebitsa is die volgende oggend gesien waar hy hul huis verlaat het. Die bure het die vriendin se lewelose liggaam, met kopbeserings, op haar bed aangetref. Sy is op die toneel dood verklaar.”
Lebitsa is ’n dag later in hegtenis geneem.



