April 18, 2021

Rowers slaan winkeleienaar oor kop

Foto: Caledon

CALEDON. – ’n Winkeleienaar is deur rowers oorval, met ’n vuurwapen gedreig waarna sy winkel beroof is. Sewe mans tussen die ouderdom van 24 en 34 jaar is met behulp van die gemeenskap in hegtenis geneem.

Oor die kop geslaan

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die polisie het vinnig opgetree en die mans in hegtenis geneem. Volgens Rwexana is die winkeleienaar ook tydens die voorval oor die kop met ’n stomp voorwerp geslaan. Sy sê ’n skootrekenaar en geld is gesteel.

Ongelisensieerde vuurwapens

Rwexana sê die rowers het na die rooftog gevlug, maar die gemeenskap en die ander winkeleienaars het die verdagtes vasgetrek en aangerand. Daarna het die verdagtes in die Toyota Hilux-bakkie geklim en gery. Die polisie het op pad na die toneel die bakkie van voor sien aankom en het dit voorgekeer. Die polisie het op twee ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: