SKOTLAND. – Skotland het pas die eerste land ter wêreld geword wat sanitêre produkte vir vroue heeltemal gratis beskikbaar maak.
Elke MSP van die Parlement het sy/haar goedkeuring vir die wettige vrye toegang tot produkte soos tampons en doekies gegee.
Monica Lennon, gesondheidswoordvoerder, het die wetsontwerp vir gratis sanitêre produkte gevier as ’n “praktiese en progressiewe” stap vorentoe. “Menstruasie stop nie vir pandemies nie en die werk om toegang tot noodsaaklike tampons, doekies en herbruikbare produkte te verbeter, was nog nooit so belangrik nie.”
Die baanbrekerswetgewing is met ’n eenparige stem van 121 teen 0 aanvaar, wat alle steun van sowel die regering as opposisiepartye gewen het.
Aileen Campbell, die land se gemeenskapsekretaris, het die nuwe wetgewing voorgehou as ’n “belangrike oomblik vir geslagsgelykheid.”



