April 21, 2021

Twee dood en tien beseer in veelvoudige voertuigongeluk

WITBANK. – Twee mans is dood en minstens tien ander beseer na ’n botsing tussen ’n bakkie, taxi en ’n motor op die R545 in Phola, Witbank.

ER24-paramedici het op die toneel opgedaag en die taxi en motor in die middel van die pad gevind. Die bakkie is ’n paar meter verder op sy sy gevind.

By nadere ondersoek het paramedici bevind twee mans, waarvan een die bestuurder van die taxi was, het talle noodlottige beserings opgedoen. Niks kon vir hulle gedoen word nie, en hulle is dood verklaar.

Ten minste tien ander mense is beseer. Ondersoeke het getoon die beserings wat opgedoen is, wissel van gering tot ernstig.

Die pasiënte is vir hul beserings behandel.

Nadat hulle behandel is, is die beseerdes na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere sorg.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: