April 21, 2021

Kleuter, ma en ouma brand in kamer

KWAZULU-NATAL. – ’n Kleuter (2) is dood nadat haar oom glo ’n huis waarin sy, haar ma en haar ouma was, aan die brand gesteek het.

Houer vol petrol

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê die oom het by die huis opgedaag met ’n houer vol petrol. Gwala sê hy het toe glo die petrol oor die kamer waar die slagoffers gesit het, uitgegooi. Daar word beweer hy het daarna die kamer aan die brand gesteek en die deur gesluit.

Aan haar beserings beswyk

Volgens Gwala kon die ma en ouma met die kleuter uit die kamer ontsnap. Die kleuter het later in die hospitaal aan haar beserings beswyk. ’n Saak van moord en poging tot moord is geopen. Gwala sê verder die verdagte het homself aan die polisie oorgegee.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: