April 19, 2021

Nuwe vertaalde weergawe van Bybel vir 2020

BLOEMFONTEIN. – ’n Nuwe vertaalde weergawe van die Afrikaanse Bybel word Sondag hier bekendgestel.

Drie weergawes – die 2020-vertaling met Ou en Nuwe Testament; die Bybel met deuterokanonieke boeke en ’n hoofletteruitgawe – word uitgereik. ’n Aantal vertalers word by die bekendstelling in die Kopanong-kerk verwag.

Geleentheid word uitgesaai.

Ds. Dirk Gevers, uitvoerende hoof van die Bybelgenootskap, sê die vertalers het daarin geslaag om die beelde, metafore, styl en struktuur van die oorspronklike sover moontlik te behou. Volgens Gevers word daar ook glo klem op hoë letterkundige gehalte en verstaanbare Afrikaans gelê.

Die geleentheid sal ook op YouTube en Facebook uitgesaai word.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: