Man (22) gevonnis vir dood van Jacques Lodewyk

Deel hierdie storie / Share this story

NOORD-KAAP – Die 22-jarige Hendrich Haas is tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op Jacques Lodewyk op Valentynsdag vanjaar.

“Lodewyk se lewelose liggaam is in sy huis gevind na hy in ’n argument met die skuldige betrokke geraak het,” sê brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder. “Haas is op 23 November gevonnis.”

Verder sê brig. Ramatseba lt.-kol. Andries Witbooi is tevrede met hoe die saak verloop het.