MPUMALANGA. – ’n Leerder van Laerskool Bankfontein-skool is dood nadat ’n watertenk na bewering op haar geval het. Die departement van onderwys gaan die skool en die slagoffer se ouers môre besoek.
Hulde te bring
Jakaranda berig die slagoffer is ’n laerskoolmeisie. Jasper Zwane, Mpumalanga se onderwyswoordvoerder, sê die omstandighede oor die voorval is onbekend. Zwane sê hulle besoek môreoggend die skool om die omstandighede wat tot die voorval gelei het, vas te stel. Hy sê verder die departement will ook hulde aan die leerder bring. Hulle wil ook vasstel hoe hulle die gesin in hierdie tyd kan bystaan.
Volg FiND iT hier.



