Twee dood en een beseer in vragmotorongeluk

Deel hierdie storie / Share this story

TOWN HILL. – Een man is vanoggend dood en ’n ander beseer toe twee vragmotors op die N3 Apple Bend in Town Hill, Pietermaritzburg, gebots het.

ER24-paramedici het die twee vragmotors 100 m uitmekaar in die linkerbaan aangetref.

By nadere ondersoek het paramedici die lyk van ’n man gevind wat buite die een vragmotor gelê het. Ongelukkig het die man reeds aan sy talle beserings beswyk. Niks kon vir hom gedoen word nie, en hy is dood verklaar.

’n Tweede man is op die toneel ondersoek en daar is bevind hy het ligte beserings opgedoen. Die man is behandel en na ’n nabygeleë hospitaal vervoer vir verdere sorg.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

Lees meer artikels hier.