Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 3 250 meer geword. Daar is nou 775 502 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 21 201.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 355 068 toetse vir die virus doen.



