Lyk sonder kop dryf op water

VRYSTAAT. – ’n Gemeenskapslid van Rietfontein het ’n lyk op die water van ’n dam sien dryf.

Onthoofde lyk

Die polisie het vandag ongeveer 14:00 op die toneel aangekom en die lyk van ’n man in die Rietfontein-dam gesien. Die polisie het die onthoofde lyk uit die dam verwyder. Volgens Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het die man ’n swart broek aangehad en is donker van gelaat. Hy sê die polisie het nog nie die man geïdentifiseer nie.

Moordsaak

’n Moordsaak is geopen en die saak word verder ondersoek. Enigiemand met  inligting kan Crime Stop by 0860010111 skakel.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: