April 19, 2021

Bedrogspul van R1,3 miljoen sloer steeds

KIMBERLEY. – Floyd Teu, ‘n besigheidsman van hier wat skuldig bevind is aan bedrog, geldwassery en dwarsboming van die gereg, sal eers in 2021 op dié aanklagte gevonnis word. 

Teu was deel van ’n versekeringsbedrogspul ter waarde van R1,3 miljoen. Hy is in 2015 saam met ’n ander bekende besigheidsman, Sakkie Gerber, in hegtenis geneem nadat Gerber se BMW X6 gesteel is. Dit het later aan die lig gekom dat Gerber se voertuig nie gesteel is nie, maar aan ‘n medepligtige oorhandig is om van ontslae te raak. Gerber is vroeër vanjaar vrygespreek op alle aanklagte teen hom.

Die saak is deur landdros LM Smith uitgestel tot volgende jaar sodat ’n verslag vanaf ’n maatskaplike werker, sowel as korrektiewe dienste, bekom kan word. Die verdediging glo die verslae sal Teu se vonnis ligter maak.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: