April 19, 2021

HNK-leerlinge presteer

KIMBERLEY – Hoërskool Noord-Kaap neem jaarliks aan die Radikale Redenaarskompetisie deel.

Danté Jansen (gr. 11 in 2019) eindig derde op nasionale vlak in die Afrikaans/Engelse Tweetaligheidsafdeling vir voorbereide toesprake. Vir hierdie prestasie ontvang hy erekleure tydens die skool se kleureseremonie.

Danté het ook tot by die nasionale rondte van die 2019-On the Tip of your Tongue Public Speaking deurgedring. Vir hierdie prestasie het hy volkleure tydens die skool se virtuele kleureseremonie ontvang.

Alyssa Jacobs (gr. 11 in 2019) is die nasionale wenner in die Afrikaans Addisionele Taalafdeling vir voorbereide toesprake. Alyssa ontvang ook erekleure (die skool se witbaadjie) vir hierdie uitstekende prestasie.

Alyssa het ook hierdie jaar (2020) aan die ATKV se Afrikaanse Senior Olimpiade deelgeneem en behaal ‘n tweede plek in die provinsie in die Addisionele Taalafdeling.

Die volgende leerders het volkleure tydens die skool se virtuele kleureseremonie vir hul prestasies ontvang.

Johané Schon (gr. 11) neem in twee kategorieë deel: Afrikaans Huistaal Voorbereide Toespraak en English Additional Language Prepared Speech.
In die Afrikaanse kategorie word sy sesde op nasionale vlak geplaas en in die Engelse kategorie eindig sy tweede op nasionale vlak.

Casner Klein (gr. 10) neem in die afdeling English Home Language Prepared Speech deel en word sesde op nasionale vlak geplaas.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: