’n Baba verander nie net jou lewe nie, maar jou liggaam ook. Baie nuwe mammas sê dat wanneer jy geboorte gegee het, jy éérs met jou gewig sukkel.
Hier is ’n paar dinge om in ag te neem wanneer jy begin om van daardie ekstra gewig ontslae te raak.
Moenie te hard op jouself wees nie
’n Onmiddellike terugkeer na die gewig wat jy was voordat jy swanger geword het, is nie altyd goed vir jou nie. Om geleidelik, met die regte dieet en oefening, gewig te verloor, bly die gesondste manier.
Oorweeg voordele van borsvoeding
Borsvoeding is nie net goed vir jou baba nie, sommige studies dui daarop dat borsvoeding jou met gewigsverlies kan help. Maak seker dat jy steeds ’n veilige en aangepaste dieet volg wanneer jy gewig verloor en wil borsvoed op dieselfde tyd.
Beplan jou etes
Jy is ’n nuwe mamma en jy is moeg en emosioneel. Moenie toelaat dat jou emosies die oorhand kry en jy jou dan aan ongesonde kosse vergryp nie. Beplan jou etes vooruit en hou daarby om ‘emotional eating’ te voorkom.
Kies die regte tipe oefening
Vermy vir die eerste ses weke harde oefening. Jy kan miskien stap of asemhalingsoefeninge doen wanneer dit vir jou voel of jou lyf daartoe in staat is. As jy ’n keisersnee gehad het, raadpleeg jou dokter oor watter ligte oefeninge jy kan doen om met die herstelproses te help.



