April 21, 2021

Elon Musk nou ryker as Bill Gates

Elon Musk, wat in Pretoria grootgeword het, het Dinsdag opgeskuif na die tweede posisie as die naasrykste persoon in die wêreld nadat sy persoonlike rykdom dié van Bill Gates verbygesteek het.

Rykste persone in die wêreld

Musk is die uitvoerende hoof van Tesla en SpaceX en sy nettowaarde het van $7,2 miljard tot $127,9 miljard gestyg. Die styging is die meeste vir enige miljardêr op Bloomberg se lys van die 500 rykste persone in die wêreld.

Eerste of tweede plek

Musk was in Januarie nog 35ste op die lys en dit het hom 11 maande geneem om die tweede posisie te behaal. Jeff Bezos, die uitvoerende hoof van Amazon, is steeds die rykste persoon in die wêreld. Bezos is $113 biljoen werd. Hy het die prestasie in 2017 behaal. Dit is die tweede keer in agt jaar wat Gates nie op die eerste of tweede plek van die lys verskyn nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: