LIMPOPO. – ’n Saak van strafbare manslag word deur die polisie ondersoek nadat ’n man (50) tydens ’n jagtog doodgeskiet is.
Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê drie jagters was op ’n wildplaas in Naboomspruit waar hulle die spoor van ’n gekweste koedoe gevolg het. Volgens Ngoepe het die drie in verskillende rigtings gaan soek. In die proses is die man geskiet en op slag dood.
Ngoepe sê die polisieondersoek fokus op die omstandighede tydens die voorval.
Volg FiND iT hier.



