‘n Man wat aan die televisiereeks Wipeout deelgeneem het, is volgens CNN tydens verfilming dood nadat hy die hindernis voltooi het.
Deur paramedici behandel
Dit het die produksie van die reeks aan CNN gesê. Die deelnemer is op die toneel deur paramedici behandel en is later dood verklaar. CNN berig Wipeout-deelnemers moet mediese ondersoeke ondergaan voordat hulle kan deelneem. Die deelnemers van hierdie seisoen moes ook vir Covid-19 getoets word.
Innige simpatie
’n Woordvoerder van TBS, wat Wipeout uitsaai, het in ’n verklaring gesê hulle was verpletter toe hulle van sy heengaan hoor. Hulle het hulle innige simpatie teenoor die gesin betuig
Volg FiND iT hier.



