April 18, 2021

Man verkrag glo meisies by hotel

GAUTENG. – ’n Man (45) is in hegtenis geneem nadat hy glo twee meisies van 11 en 13 jaar oud by ’n hotel in Pretoria verkrag het. Na wat verneem word, het die verdagte vroeër die dag op Vrydag 20 November 2020 die twee minderjariges van Lotus Gardens in Attridgeville na ’n drankwinkel in Pretoria-Wes geneem en vandaar is die drie na die hotel waar die verdagte ’n kamer bespreek het waar hy na bewering albei slagoffers verkrag het.

Slagoffer kom weg

Brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder, sê die jongste slagoffer het daarin geslaag om te ontsnap en het mense in die hotel ingelig wat gebeur het. Die hotelsekuriteit is in kennis gestel en die polisie is ontbied. Die verdagte, wat nog in die hotelkamer was, is in hegtenis geneem.

Die vermeende kinderverkragter sal vandag 23 November 2020 sy eerste verskyning in die streekhof in Pretoria maak.

Voorheen verkrag

Die ondersoekbeamptes kon bevestig die verdagte is ’n paroolganger nadat hy tronkstraf uitgedien het vir ’n vorige verkragtingsaak.

Lees meer hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: