April 18, 2021

EFF op soek na verlore baret, ‘ons sal van deur tot deur gaan’

Foto: EWN

Die EFF is op soek na die rooi baret wat tydens die eerste betoging voor Hoërskool Brackenfell van een van die lede se koppe afgeruk is.

Op soek rooi baret

Tydens die eerste betoging is daar ‘n man op video vasgevang wat ‘n EFF-lid se baret tydens ‘n hewige konfrontasie gryp. Die EFF het intussen ’n beroep op die man gedoen om die baret terug te gee. Die party sê indien die baret nie teruggegee word nie, sal hulle ‘n veldtog begin waartydens van deur tot deur gegaan sal word om dit op te spoor.

Rhynhardt Bresler, Brackenfell-wyksraadslid, het gesê hy dink nie die baret is in Brackenfell nie. Hy sê mense wat aan die eerste betoging voor die skool deelgeneem het, was meestal van omliggende gebiede.

Die man wie hulle beweer het die baret, se naam word ook in die twiet en mediaverklaring van die EFF genoem. In die twiet verwys hulle na hom as a terroris en daar word gewaarsku dat hy nie die EFF ‘moet toets nie’.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: