April 18, 2021

Vermiste kleuter dood in drein gevind

KAREEDOUW. – Die liggaam van ’n vermiste kleuter (1) is Saterdag 21 November 2020 in ’n drein in die New Rest-area gevind. Die kleuter het glo saam met ’n groep ander kinders tussen twee en drie jaar oud gespeel toe hy vermis geraak het.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê die kleuter en sy ma het vir vriende in die New Rest-area gaan kuier. “Die ma het omstreeks 17:00 na haar kind gesoek en kon hom nie tussen die ander kinders opspoor nie.

Die polisie sowel as die gemeenskap het na die kleuter gesoek totdat die son gesak het. Die seun se liggaam is die volgende dag, nie ver van waar hy vermis geraak het nie, gevind.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: