April 19, 2021

Gr.10-leerder met vuurwapen betrap

HILLBROW. – ’n Gr.10-leerder is in hegtenis geneem nadat hy ’n vuurwapen met ammunisie in sy besit gehad het. Hy word tans in ’n plek van veiligheid aangehou.

Mans is deursoek

Kapt. Xoli Mbele, polisiewoordvoerder, sê die jongman is die naweek op die hoek van Wanderes- en De Villiersstaat aangekeer. Volgens Mbele was die polisie besig met ’n stop-en-deursoek-operasie. Hulle het tydens die prosedure inligting oor drie verdagte jongmans ontvang. Die jongmans is deursoek en die polisie het op ’n ongelisensieerde vuurwapen met ammunisie en sonder ’n reeksnommer beslag gelê.

Vuurwapen

Die seun het glo aan die polisie gesê sy oom het die vuurwapen aan hom gegee. Die seun sal na verwagting vandag in die Johannesburg-landdroshof verskyn.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: