November 29, 2020

Gemeenskapslid ook gister in hegtenis geneem

BRACKENFELL. – ’n Man van Brackenfell is ook gister tydens die betoging in hegtenis geneem.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê ’n man is op aanklag van aanhitsing in hegtenis geneem en sal binnekort in die hof verskyn.

Bebloede gesig

In ’n video kan gesien word hoe ’n man tussen die EFF-lede beweeg en aangerand word. Na bewering is die man in die video die een wat in hegtenis geneem is. Hy het glo die EFF gaan vra waarom hulle so betoog. Daarna is hy aangerand soos op die video te sien is. Met ‘n bebloede gesig word hy dan deur polisiebeamptes weggeneem.

Op Facebook het verskeie mense om regshulp gevra vir die man wat in hegtenis geneem is.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *