November 29, 2020

Ballerina verstom mense wat stereotipeer

’n Video waarin Lizzy Howell ballet doen, het soos ‘n veldbrand op sosiale media versprei. Die video het al reeds meer as 20 miljoen kykers bereik.

Negatiewe kommentaar

Howell het op die ouderdom van ses begin dans toe haar ouers in ’n motorongeluk oorlede is. Daar is op die ouderdom van 12 jaar aan haaar gesê sy moet ophou dans. Haar video’s en foto’s op sosiale media lok ook heelwat negatiewe kommentaar oor haar gewig uit.

Grootste ondersteuner

Howell, wat tans by haar tannie bly, sê haar tannie is haar grootste ondersteuner en hou haar gemotiveerd. Sy sê mense wat haar as ’n rolmodel sien en haar aanmoedig om nie moed op te gee nie, motiveer haar elke dag om aan te hou dans.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *