November 29, 2020

Agt betogers in hegtenis na chaos in Brakenfell

BRACKENFELL. – Agt betogers is gister in Brackenfell in hegtenis geneem toe chaos hier uitgebreek het nadat duisende EFF-lede ’n optog teen beweerde rassime gehou het.

Openbare geweld

Skade is gister aan polisievoertuie, privaat voertuie en ondernemings se eiendom gemaak. Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, sê dié wat in hegtenis geneem is, sal binnekort op aanklag van openbare geweld in die hof verskyn.

Memorandum

Die betoging volg nadat ouers van die Hoërskool Brackenfell ‘n privaat funksie gehou het waarheen leerlinge van kleur glo nie genooi is ne. Die EFF wou gister ’n memorandum by die skool afgee, maar polisiebeamptes het die strate rondom die skool afgebaken. Die EFF beveel die twee onderwysers wat die funksie bygewoon het en die hoof van die skool moet vervolg word.

Sewe dae

Die EFF gee die skool sewe dae om die betrokke onderwysers en hoof af te dank. “Indien nie, sal die skool die EFF se permanente tuiste word,” sê Marshall Dlamini, EFF-parlementslid.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *