AB de Villiers en sy vrou, Danielle, het hulle derde kind in die wêreld verwelkom. Yente is die egpaar se eerste dogtertjie en sy is op 11 November gebore.
As kolwer gespeel
AB was vir 70 dae op toer, maar hy was net-net betyds vir sy dogtertjie se geboorte terug. Hy was in Dubai vir die IPL en het vir die Royal Challengers Bangalore (RCB) as kolwer gespeel.
Die egpaar is reeds ouers van twee seuntjies, Abraham Benjamin (AB) (5) en John (3). Foto’s van die familie en hulle baba is onlangs op Instagram gedeel.
Volg FiND iT hier.



