November 29, 2020

Nege vragmotors glo met petrolbomme gegooi

GAUTENG. – Nege vragmotors het in die Heidelberg-omgewing aan die brand geraak nadat die paaie versper is en die vragmotors glo met petrolbomme bestook is.

Volgens kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder, het ‘n wit Toyota Quantum en ‘n swart Volkwagen die paaie versper waarna petrolbomme glo na die vragmotors gegooi is.

Die motief vir die voorval is onbekend. ‘n Saak van kwaadwillige saakbeskadiging word ondersoek.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *