November 30, 2020

Wildbewaarder steeds vermis

KRUGERWILDTUIN. – ’n Wildbewaarder wat in die Krugerwildtuin vermis geraak het, is al drie dae vermis.

Die wildbewaarder, Checker Mashego, het langs die Nsikazi-rivier in die Stolsnek-gebied in die suide van die wildtuin vermis geraak. Sy kollegas het begin bekommerd raak en hom as vermis aangemeld toe Mashego nie na die patrollie by die bymekaarkompunt opdaag nie.

Opsporing van die bewaarder

Isaac Phaahla, woordvoerder van SANParke, sê hulle het deurnag na hom gesoek. Die soektog is die volgende oggend voortgesit en die park se helikopters, honde-eenheid en nog bewaarders het gehelp.

Enigiemand met meer inligting wat tot die opsporing van die bewaarder kan lei, kan die Shukuza-polisiekantoor of SANParke se noodnommer by 013 735 0197 skakel.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *