November 30, 2020

Pa verkrag stiefdogter vir 10 jaar

GRAHAMSTOWN. – ’n Pa (53) wat geweet het hy is MIV-positief het sy stiefdogter vir 10 jaar verkrag. Hy is vandag lewenslange tronkstraf toegedien.

Die stiefpa het die dogter, toe 11, begin verkrag toe die ma en dogter in 2011 by die man ingetrek het. ’n Paar jaar later het die stiefpa agtergekom sy het ’n kêrel. Die ontdekking het hom woedend gemaak en hy het haar na ’n kliniek vir gesinsbeplanning geneem. Die mahet vir ‘n maand by haar familie gaan kuier en die stiefpa het haar toe gereeld verkrag. In 2018 het sy die huis verlaat om opleiding by ‘n polisie-opleidingskollege te ondergaan. Op die dae wat sy terug was by die huis om te kuier, het haar pa haar verkrag.

Met ’n gebreekte gewrig

Met een van die kuiers het die stiefpa op ’n foto van haar kêrel afgekom. Hy het haar in die bos ingeneem en haar aangerand met ’n stuk hout. Sy is terug kollege toe met ’n gebreekte gewrig. Sy het toe die mense daar van die verkragting en aanranding vertel.

Anelisa Ngcakani, polisiewoordvoerder, sê die hof het die stiefpa lewenslange straf opgelê vir verkragting, tien jaar straf vir poging tot moord, vyf jaar vir aanranding met die doel om ernstig te beseer en 12 maande vir aanranding.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *