April 19, 2021

Nuwe app maak dit moontlik om met jou kat te praat

Foto: Unsplash

’n Nuwe app luister na jou kat se “taal” en probeer dit na woorde omskakel vir jou om te verstaan.

Een van die ingenieurs agter Amazon se Alexa-stemherkenningstegnologie hoop om ’n antwoord te gee op jou vrae oor wat jou kat probeer sê.

MeowTalk neem jou kat se geluide op en skakel dit om in woorde soos “ek is honger,” of “ek wil uitgaan.”

Die app se programmeerders sê hoe meer opnames die app klassifiseer, hoe meer akkuraat word die app om die volgende keer te kan vasstel wat jou kat probeer sê.

Javier Sanchez, tegniese hoof van die app, sê die app is nuttig vir kateienaars wat baie tyd met hulle katte by die huis deurbring. Die app stel hulle in staat om met hulle katte te kommunikeer.

MeowTalk is reeds vir Apple- en Androidgebruikers beskikbaar en gratis om te gebruik.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: