December 2, 2020

Jong man red glo meisie van ontvoering

BISCUITVILLE. – ’n Jongman se besluit om sy instinkte te vertrou, het glo ’n dogtertjie se lewe gered. Hy het in ’n eetplek gesit en leer toe hy ’n man opmerk wat heeltyd na ’n dogtertjie staar.

Volgens Goalcast, het die dogtertjie en haar ma by die eetplek geëet toe die dogtertjie opstaan om toilet toe te gaan. Die man het opgelet hoe die man, wat vroeër na die dogtertjie gestaar het, ook opstaan.

Die man het opgestaan en ook gemaak of hy toilet toe gaan. Sekondes later was die man besig om die dogtertjie uit die vermeende ontvoerder se arms te red.

Die vermeende ontvoerder het dit reggekry om te ontsnap, maar is later in hegtenis geneem.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *