November 30, 2020

Bekende skrywer sterf op verjaarsdag

Christine Barkhuizen-le Roux, ’n digter, skrywer en vertaler is gister op haar 61ste verjaarsdag oorlede. Medelye tesame met foto’s van die skrywer het minute na haar dood op sosiale media ingestroom.

Barkhuizen-le Roux is in 1959 op Vryburg gebore, maar sy het heelwat tydens haar jongmenslewe saam met haar ouers rondgetrek. ’n Laerskoolonderwyseres het haar aangemoedig om meer te lees en dit is toe die leesgier in haar aangewakker is. Sy het aan die Universiteit van Stellenbosch studeer en het ’n BA-graad met Bybelkunde, sielkunde en Engels as hoofvakke behaal.

Barkhuizen-le Roux het haar skryfdebuut in 2000 gemaak met haar digbundel Dinamies. Die laaste roman wat sy voor haar dood uitgebring het is My naam is Prins, ek slaaap met die lig aan.

Volg FiND iT hier.

1 thought on “Bekende skrywer sterf op verjaarsdag

  1. Dis ‘n groot skok en hartseer, want sy was ‘n uitstaande skrywer, wat tot een van die groot Afrikaanse skrywers sou ontwikkel het. Wonderlike taalgebruik. Ons het ‘n gemeenskaplike band met Queenstown.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *