December 2, 2020

Kind (10) kry R20 na verkragting

LIMPOPO. – ’n Man wat ’n meisie (10) herhaaldelik verkrag het, het vir haar R20 na een van die voorvalle gegee. Hy het haar op drie verskillende kere by ’n halfgeboude huis verkrag.

Die laaste insident het in Maart 2019 gebeur. Die man het daardie dag by die bure van die slagoffer gekuier. Haar ouers het haar kafee toe gestuur en toe sy na ’n wyle nie terug is nie, het hulle na haar begin soek. Sy is later opgespoor en het ’n R20-noot by haar gehad.

Sy het haar ouers vertel dat die buurman haar verkrag het en vir haar die R20 gegee het.

Die kind is na die hospitaal geneem en die voorval is by die polisie aangemeld.

Die man is in hegtenis geneem en hy het onskuldig gepleit, maar is deur middel van DNS aan die verkragtings verbind. Hy is Woensdag in die Mankweng-streekhof tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *