November 30, 2020

Geliefde ICU-oupa oorlede

Foto: Instagram

ATLANTA. – David Deutchman (86) wat vir 15 jaar babas in die ICU wie se ouers nie by hulle kon wees nie vertroetel en getroos het, het weens pankreaskanker gesterf.

Deutchman het aandag aan die siek kleuters gegee deur speletjies met hulle te speel. Baie van die kinders se ouers kon nie heeltyd by hulle wees nie. Hy het vrywillig sy tyd in die kinders se gesondheidsafdeling in ’n Atlanta-hospitaal deurgebring. Hy was bekend as die oupa van die ICU en het oral harte gewen met sy mooi gebaar.

Tyd by hospitaal deurgebring

Deutchman is twee weke nadat hy met pankreaskanker gediagnoseer is, dood. Sy dogter het aan Today gesê haar pa was vir 41 jaar ’n besigheidsman, maar sy het nooit gehoor dat hy so praat oor sy werk in die besigheidswêreld soos wat hy gespog het oor sy betrokkenheid by die hospitaal nie.

Emosionele ondersteuning

Hy het self opgevolg oor kinders wat reeds uit die hospitaal ontslaan is en uitgevind hoe hulle by die huise herstel. Sy dogter sê verder aan Today die ouers het die emosionele ondersteuning wat hy gebied het baie waardeer. Sy sê dit was wonderlik om te sien watter impak haar pa op mense se lewens gehad het deur bystand te bied in hulle kwesbaarste tye.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *