November 30, 2020

Niemand sal die beweging van swartmense beheer nie, sê EFF-twiet

“Niemand sal die beweging van swartmense beheer en bepaal waarheen ons mag en nie mag gaan nie,” het die EFF getwiet.

Die EFF in die Wes-Kaap het die polisie en die gemeenskap ingelig dat 100 van hulle lede Vrydag aan ’n protesbyeenkoms in Brackenfell gaan deelneem. Wandile Kasibe, EFF-woordvoerder, sê die protesoptog sal om 10:00 begin waarna die leiers ’n memorandum gaan voorlees oor hoekom hulle voor Hoërskool Brackenfell betoog. Hy sê die memorandum sal ook sê wat die skool aan die beweringe van rassisme moet doen.

Will Brackenfell tot stilstand bring

“Ons het gesê dat die terreuraanvalle in Brackenfell nie onbeantwoord sal bly nie. Vrydag sal ons daar aankom en toesien dat geen besighede in Brackenfell bedryf word nie,” sê nog ’n twiet.

Die protesaksie volg na Maandag se gebeure voor die skool. Die EFF-lede, ouers en lede van die gemeenskap het op die dag bymekaargekom en die polisie moes skokgranate gebruik om groepe uit mekaar te hou. Die EFF-protesaksie is na beweerde rassisme na ’n privaat funksie deur ouers gereël is waarheen leerlinge van kleur glo nie genooi is nie.

Eksamen is geskuif

Die skool het gister aangekondig die matrieks sal eksamen in ’n ander lokaal skryf terwyl graad 8- tot 11-leerlinge nie skool toe hoef te gaan nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *