Foto’s van ‘siek’ Dozi verskyn op internet

Dozi het mense in ’n kort video op Facebook gerusgestel en gesê die bewerings dat hy ernstig siek is, is onwaar.

Gerugte dat Dozi kanker het, het die naweek op sosiale media die rondte gedoen. Die boodskap is saam met ’n foto, waarop ’n brandmaer Dozi saam aanhanges poseer, gedeel. Die foto is glo gedokter. Die oorspronklike foto en die foto wat rondgestuur is, lyk glo nie dieselfde nie.

Ek is gesond

“Om een oggend wakker te word en te hoor jy het kanker,” sê Dozi geskok op die video.

“Ek het nie kanker nie, dames en here, ek is baie jammer. Ek het hard gewerk en ek hou myself besig. Ek is so bly om te sien soveel mense is nog lief vir my en gee om. Julle gaan dit nie glo nie, maar ek is gesond.”

Aan die einde van die video vra Dozi dat mense asseblief nie fopnuus moet deel nie.

Kyk na die volle video hier:
https://fb.watch/1PifHyUyG5/

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: